love bird GAZETTE - suneldo.co.za

love bird GAZETTE Vrydag, 21 Maart 2014 Eksklusiewe Huweliksuitgawe Toe is dit nou ook so, nadat Rico vir meer as ‘n jaar by...

120 downloads 806 Views 2MB Size
love bird GAZETTE

Vrydag, 21 Maart 2014



Eksklusiewe Huweliksuitgawe

DIE KLIP MET DIE GAT

Liefde Toe is dit nou ook so, nadat Rico vir meer as ‘n jaar by Madelein vlerk sleep besluit hy, sy is die vrou vir hom, maar hy moes eers verby haar ouers kom.

Tydens ‘n vakansie in die Kaap het die twee liefdes duifies op die strand gaan stap, waar hulle toe die besonderse klip gewaar. ‘n Klip met ‘n koëlronde gat in die middel. Rico het dadelik geweet die klip moet hy bêre.

Madelein se ouers was nie van plan om dit maklik te maak vir die man wat met hulle klein sonstraaltjie wil trou nie. Tannie Marie, Madelein se moeder, het daarop aangedring dat die man wat met Madelein wil trou eers ‘n gat deur ‘n klip kan pee.

Kort voor valentynsdag skraap Rico die moed bymekaar en stap met die klip in sy sak by Madelein se ouer huis in. Hy kom soek glo sy beursie, hy’t dit iewers laat lê, sê hy vir oom Wikkie en tannie Marie.

Rico het menigde slaapelose nagte gehad oor daai klip en hoe hy dit gaan regkry. Sy bynaam mag dalk Rambo wees, maar ‘n gat in ‘n klip pee – dit kan hy nie.

Madelein se ouers sien die man kry nie sy beursie of sy ry daai oggend nie – hy’t iets op die hart. Hulle praat oor koeitjies en kalfies en na ‘n wyle vra Rico: “Staan tannie se aanbod nog? Die een wat sê die man

wat met julle dogter wil trou moet ‘n gat deur ‘n klip kan pee.” Selfversekerd dat daar nie so ‘n man op die aarde bestaan nie, sê tannie

Marie: “ Ja, daai aanbod staan”, en met die haal Rico die klip met die gat uit sy sak: “So, tannie, mag ek maar met julle dogter trou?”

Toestemmings voorwaarde op

Kaapse strand gevind ... “Staan tannie se aanbod nog? Die een wat sê die man wat met julle dogter wil trou moet ‘n gat deur ‘n klip kan pee.” ...

Bladsy 2  Eksklusiewe Huweliksuitgawe  LOVE BIRD GAZETTE  Vrydag, 21 Maart 2014

HOEKOM...

hê, die een met wie ek my lewe wil deel. Niemand kan my so gelukkig maak soos jy nie. Dit gaan vir my ‘n voorreg wees om jou vrou te wees. Ek sien so uit na ons lewe saam.

“Grow old with me, the best is yet to be” ... ek vir Madelein gekies het

Ek het vir ‘n hele paar jaar lank vas geglo dat dit die beste ding op aarde was om single te wees. Ek het ‘n paar keer die hele verhouding storie probeer, maar nie een het te goed uitgedraai nie. Daar was altyd iets wat gepla het.

... ek vir Rico gekies het

Ek onthou nog die eerste keer toe ek jou gesien het. Jou gesigsuitdrukking het gesê: “wel, wel, wel, wat het ons hier”. Ek sal dit nie sommer vergeet nie. Jou glimlag was so bekend, asof ek jou al iewers in my drome ontmoet het. Jy het so ‘n mooi sagte gees wat my veilig laat voel. Jy’s altyd besorg oor my. Jy kan vir jouself lag en jy kan my laat lag. Ons het altyd pret, tyd staan stil as ons saam is.

Toe ek die eerste keer vir Madelein ontmoet, by Neil se ouerhuis, was my eerste indruk dat sy ‘n gloeiende en vriendelike persoonlikheid het, maar dat sy ook moeilik kan wees. Dit was nogal akuraat, al moet ek dit self sê... Ek kan 101% myself wees by jou. Ek kan my hartsgeheime en drome vrylik met jou deel en weet jy gaan hulle veilig hou. Ons het dieselfde waardes en ons deel mekaar se toekoms drome. Jy is doelgerig, as jy besluit jy wil iets hê is jy nie bang om hard daarvoor te werk nie. Jy streef jou drome na en saam gaan ons ‘n sukses van al ons planne maak. Jy is my beste vriend en ek kan en wil nie my lewe sonder jou indink nie. Ek is so trots op jou en alles wat jy al bereik het. Ek is lief vir jou. Jy is die man wat my hart wil

Ek was daardie tyd nog onder die indruk dat ek nie iemand in my lewe nodig gehad het nie. So het die maande toe verby gegaan en ons het vriende geword. Ek het nooit gedink dat sy my beste vriend lewenslank gaan word nie. Een dag, so maand voor Neil se troue, kom sy toe na my toe, en vra of ek saam met haar na Neil se troue toe sal gaan, as haar date. Ek het ingestem, want ek hett geweet ons sal ‘n baie goeie tyd saam he. Toe ek haar op die dansbaan vashou in my arms, het ek gevoel asof ek in die wolke is. (Dis nie ons dans vermoë

wat my so laat voel het nie...) Later daai aand, net voor ons mekaar groet, het ek ‘n besluit geneem wat my lewe verander het. Ek het haar gesoen... Die volgende dag is ek Kaap toe op vakansie, en ek het baie tyd gehad om te dink hoe ek oor haar voel. Sy maak my hart warm as ek aan haar dink, sy is gemaklik, sy ken my al baie goed en ek kan myself wees om haar. Sy is intelligent, ambisieus, ‘n Christen, kan ongelooflik lekker kook en sy is selfstandig. Sy is alles wat ek in ‘n vrou wou gehad het, en méér. Ek het op Struisbaai se strand gestaan en na die vuurwerke gekyk, net na 12h00 op die nuwejaars van 2012, toe ek besluit om dit my nuwejaars voorneme te maak om Madelein se hart te wen. Ek het haar 22 Januarie 2012 gevra of sy met my sal uitgaan. Dit het ons 2 jaar en 2 maande gevat om te kom waar ons nou is, en ek moet eerlikwaar se, dit was sover die beste tyd van my lewe. Madelein, jy maak nogsteeds my hart warm elke keer as ek na jou kyk. Baie dankie vir al jou ondersteuning, liefde, lekker lunch, en dat jy my toegelaat het om so ‘n groot rol in jou lewe te speel. Jy is my hart se punt en ek sal altyd ontsettend lief bly vir jou! Mwah xxx

Eksklusiewe Huweliksuitgawe  LOVE BIRD GAZETTE  Vrydag, 21 Maart 2014  Bladsy 3

Shout to the Lord

My Jesus, my Saviour Lord there is none like You All of my days I want to praise The wonders of Your mighty love

Ancient of Days

Blessing and honour Glory and power Be unto the ancient of days From every nation, All of creation Bow before the Ancient of Days

Bridge: Every tongue in Heaven and earth Shall declare your glory Every knee shall bow at your throne In worship You will be exalted oh God And your kingdom shall not pass away Oh Ancient of Days Chorus: Your kingdom shall reign over all the earth Sing to the ancient of days For none can compare to your matchless worth Sing to the Ancient of Days (Bridge and Chorus again)

My comfort, my shelter Tower of refuge and strength Let every breath, all that I am Never cease to worship You Shout to the Lord All the earth, let us sing Power and majesty Praise to the King Mountains bow down And the seas will roar At the sound of Your name I sing for joy at the work Of Your hands Forever I’ll love You Forever I’ll stand Nothing compares To the promise I have in You {Repeat x 2}

Geloof

... May you walk with the sunlight shining And a blue bird in every tree May there be silver lining Back of every cloud you see ...

“Come, Now is the Time to Worship” Come, now is the time to worship. Come, now is the time to give your heart. Come, just as you are, to worship. Come, just as you are, before your God. Come. One day every tongue will confess You are God. One day every knee will bow. Still the greatest treasure remains for those who gladly choose you now. {Repeat x 2} Come, now is the time to worship. Come, now is the time to give your heart. Come, just as you are to worship. Come, just as you are before your God. Come. Oh, come. Oh, come. Oh, come. Worship the Lord. Oh, come. Come, come, come...

DIE GEVOLG ... en als wat daarna volg Pastoor:

Gerhard Odendal

Strooijonkers:

Kobus Viljoen Theo de Jager

Strooimeisies:

Elsabe Odendal Joaret Döman Michelle Munnik

Blommemeisies:

Micke-Dunay le Roux Chandré Kruger

Hofknapies:

Evan Havenga Josua Louw

Spesiale lied aan Bruidspaar: Oupa James Munnik (May the good Lord bless you - Nat King Cole) Seremonie Meester: Kobus Viljoen

Toesprake

Heildronk op Bruidspaar: Kobus Viljoen Heidronk op bBuidegom se ouers: Rico Heidronk op Bruid se ouers: Madelein Tafelgebed: Oupa Pieter Viljoen

Bladsy 4  Eksklusiewe Huweliksuitgawe  LOVE BIRD GAZETTE  Vrydag, 21 Maart 2014

oor Raad ...

en ander dinge

My Liefste Roosknop

Vandag is jou troudag. Ons albei het van hierdie dag gedroom. Wie droom nie van ‘n eie Rambo nie? Ek onthou so goed die Woensdagoggend 13 Februarie 1985 toe ek jou vir die eerste keer gesien het. Jy het in jou hospitaalbedjie gelê met ‘n seemanpakkie aan. (Almal het gesê dit gaan ‘n seuntjie wees. Die ou tannies ook) Ek het dadelik geweet jy is my eie pragtige dogtertjie. Jy het die mooiste roosknop mondjie gehad. Saam het ons nou al ‘n lang pad gestap. Dit laat my dink aan vlieërs. Ons het gepoog om hierdie vlieër in die lug te kry. Saam het ons gehardloop tot ons albei uitasem was, dan stort dit weer neer. Dan troos ons, herstel, maak die stert langer. Ons probeer weer. Vandag styg jy op. Ek laat jou vry. Jy is nou ‘n pragtige vrou wat vry en vol selfvertroue jou pad in die lewe vind. Hierdie losmaak proses is nie maklik en sonder seer nie, maar uiteindelik weeg dit nie op teen die loutere vreugde om jou vry en onbelemmerd te sien sweef na nuwe mikpunte, nuwe ideale en ‘n nuwe wêreld nie. Vandag maak ek jou los maar nie sonder ankers nie. Dis die versekering en wete dat ek altyd daar sal wees – sal hòù. Raad gee as lugstrome te sterk raak, sal help lap as daar ‘n skeurtjie kom – Jou altyd liefhê. My kind: Gaan wees die vrou wat God wil hê jy moet wees.

Jou Ma

... Pappa, vandag het ek my prins ontmoet, maar jy sal altyd my koning wees ...

Eksklusiewe Huweliksuitgawe  LOVE BIRD GAZETTE  Vrydag, 21 Maart 2014  Bladsy 5

Oupa Pieter & Ouma Elsabe Viljoen – 22 Januarie 1966

Oupa James & Ouma Sonja Munnik – 6 Maart 1965

Oupa & Ouma Viljoen RAAD VIR DIE NUUT-GETROUDE PAARTJIE VAN ‘N LANK-GETROUDE OUPA EN OUMA (48 WONDERLIKE JARE)

Oupa & Ouma Munnik

Respekteer mekaar altyd en in alle omstandighede. So is elkeen verseker van die ander een se lojaliteit.

Rico onthou; Die hou van ‘n huwelik is aanhou, uithou,

Lag saam - sien die humor in klein dingetjies. Ons buur-tannie het eendag vir my gesê sy hoor ons dikwels lag en dit klink so lekker!

mondhou, kophou, en bekhou.!!

Dis nou maar een ding omtrent ‘n man!! Hy sal sonder ‘n gestrykte hemp klaarkom. Sy blikoopmaker kan ingee, en hy sal die blik met sy mes oopmaak. Julle bed kan inmekaar val, en hy sal op die vloer slaap. Sy sokkies kan vol gate wees, en hy sal so loop. Maar sonder die waardering van die vrou wat hy lief het, kan hy nie leef nie. Hy het dit nodiger as rugby, steak - sy Ma se kos!!

Oupa & Ouma Odendal

Maak die Here Jesus Koning van jul huis en ken Hom in alles wat jul doen of beplan. Dan sal julle sy nabyheid aanvoel.

Oupa & Ouma Burger broer het so baie geleer uit die manier waarvolgens hy geleef het. Hy het altyd sy dag begin deur tyd saam met God deur te bring. Ek sien hom vandag nog waar hy elke oggend op sy knieë voor sy bed kniel. Hy het altyd geprewel as hy bid en ek onthou hoe baie maal ek daar ingestap het en hom hoor bid, waar hy sy vrou en twee seuns aan die Here opgedra het.

Oupa Willie & Ouma Lettie Odednal – 5 Januarie 1948 My pa het nie baie gepreek of baie raad gegee nie, maar hy was altyd daar as jy wou raad hê of met iets gehelp wou wees. Daar is egter ‘n paar goed wat ek by hom geleer het: Hy het altyd gesê: “woorde wel, maar voorbeelde tel”. Ek en my

Hy het baie kere vir my gesê ‘n man lig nooit sy hand vir ‘n vrou nie en ek en my broer het hom ook nooit gehoor dat hy eers op ons ma geskree het nie. Hy het altyd gesê jy moet alle mense met respek hanteer, of dit nou die staatspresident is of ‘n boemelaar, en hy het dit ook uitgeleef. Ek het so baie geleer deur net te kyk hoe my pa leef.

Oupa Stefaans & Ouma Mimmie Burger - 14 Julie 1951 My ouers was boere in die suide van Namibië. My pa het altyd gesê: As jy jou beste gedoen het, was dit goed genoeg. Maak nie saak watter beroep jy eendag gaan kies nie. As jy strate vee, vee mooi skoon en wees trots daarop. As jy ‘n onderwyser is, wees die beste een wat jy kan wees. Ek het prober om die beste ma te wees wat ek kon wees.

Bladsy 6  Eksklusiewe Huweliksuitgawe  LOVE BIRD GAZETTE  Vrydag, 21 Maart 2014

MENU Starter Pick nick

Main Course Henry & Elze Munnik - 22 Januarie 1994

Pa & Ma Munnik Raad vir die Huwelik  Maak tyd vir mekaar  Kommunikeer, maar bly ook soms stil en wees soms verkeerd  Behou die humor en passie  Deel jul geloof  Wees opreg, lojaal en waardeer mekaar  Behou jul onafhanklikheid en gee ruimte vir mekaar

Meat

Deboned and Stuffed Chicken with Sage Demi-glaze Karoo Leg of Lamb with Mustard Crust Braised Ox Tail with Ginger and Rosemary in a Red Wine Sauce, with Sweet Glazed Baby Onions

Starch Potato and Corn Croquettes – Crumbed and Deep fried

Vegetables

Broccoli and Cauliflower with Gratinated Cheddar Cheese Pumpkin Fritters with Caramel Fudge Sauce

Salads

Waldorf Salad Spinach and Bacon Salad

Dessert

Wikkie & Marie Odendal - 23 Desember 1975

Pa & Ma Odendal Van Ma: Die beste raad wat ek vir julle twee kan gee vir ‘n gelukkige huwelik is baie eenvoudig… Rico: Moet nooit teë praat nie, dan sal alles goed gaan. Madelein: My kind laat toe dat Rico die hoof van julle huis is. Jy moet tevrede wees met die nek. Immers kan jy hom draai soos jy wil. Op ‘n meer ernstige noot, ek dink ‘n gelukkige huwelik is waar twee mense mekaar respekteer en mekaar toelaat om hulself te wees. Elkeen toe te laat om hulself te wees. Elkeen moet sy drome kan droom en jy moet hom/haar ondersteun. Luister na jou maat. Wees onvoorwaadelik lief vir mekaar, ook as die “hell or highwater” kom. Die belangrikste, maak Jesus die stuurman van julle huweliksbootjie. Ek weet alles sal met julle twee goed gaan. Van Pa: My raad is dat julle mekaar sal respekteer en mekaar ruimte gee, dat julle altyd naby aan die Here sal leef en sal onthou dat julle altyd na Pa kan kom met enige probleem, of sommer net om te kom aflaai.

Cheese Cake with a Dollop of Minnelola Marmalade and Chocolate Ganash Poached Pears stuffed with Chocolate and Marscapone

Eksklusiewe Huweliksuitgawe  LOVE BIRD GAZETTE  Vrydag, 21 Maart 2014  Bladsy 7

Blokkiesraaisel 2,5

Vir jou

12

1,3

MET LIEFDE

6 4

18 14

16 8

15 7

10

19 11

13 17 9C

9A

9B 20

Dwars:

1. Die bruid se bynaam vir haar ma is … 2. Wat is die bruidegom se pa se nuutste sport wat hy beoefen? 4. Wat doen die bruid se pa tussen 6 en 7 elke oggend? 7. Op watter dag het die bruidspaar verloof geraak? 8. Wie was die oorsponklike sanger van die liedjie wat oupa Munnik sing? 9. Wie is die bruid se strooimeisies? 11. Wat word gebruik vir confetti? 13. Rico is ‘n kraanige…. 15. Wat is Madelein se Morris se naam? 18. Die pastor is die bruid se….. 20. Rico se ma peusel graag aan…

Af:

3. Wat is die bruidegom se gunstelling poeding? 5. Die bruidegom se bynaam by die bruid se famillie is… 6. Wat se kleur is die bruid se skoene? 10. Waar is die bruidegom gebore? 12. Wat is die bruidegom se doopnaam? 14. Waar in Namibie is die bruid gebore? 16. Die bruid se ma kry gewoonlik migraine na ‘n blik… 17. Wat het oupa Pieter en een van die strooijonkers ingemeen? 19. Waarheen gaan die bruidspaar op wittebrood?

SNUFFEL GIDS

... Want in God alleen bereik liefde perfeksie ... 1. Venue: Mooiplaatsie – 012 809 1199 2. Spyseniers: Meals of Distinction – 012 809 1199 3. Pastoor: Gerhard Odendal – 079 492 2354 4. Blomme & Décor: Aritas Studio en Heavenly Flowers – 082 406 2701 5. Décor: Wikmar Keramiek – 012 661 9419 6. Troukoek: Delmarie du Plessis – 082 292 8499 7. Duiwe: Esses Creations – 012 811 5241 8. Ballone: E Squareparties – 083 297 8734 9. Strooimeisie Rokkies: Joma – 082 343 3557 10. Hare & Grimering: Brooklyn Hair – 012 753 0984

Wat is liefde? Wie kan liefde Ooit definieer? Net God in sy almag Kon die formuleer. Dis ‘n Wonder van Wonders Bo aardse konsepsie, Want in God alleen Bereik liefde perfeksie. In sy onvermoë Sal die mens altyd feil Om die omvang van liefde Ooit te kan peil. Dis so diep, ryk en skoon, Ewigblywend – genot. ‘n Teer medelydende Gawe van God… Maar die woordjie LIEFDE Word dikwels misbruik, Misleidend verdraai Dat dit goed vergelyk Met ‘n ligte romanse Of iets wat bekoor. Wat nie blywend van aard is En sy glans gou verloor. Dit alles is egter Slegs ‘n klug – net ‘n skyn – Romantiese prêt Wat kom en verdwyn; Maar liefde is blywend – Is geduldig in smart. Dit is sonder vooroordeel Want dit dink met die hart. -Helen Steiner Rice-

11. Naels: Jodine’s Nails – 082 823 3050 12. Fotograaf: Adapt Photography – 072 596 4797 13. Videograaf: Ben en Marliese Pieterse - 012 661 9632 14. Lasercutting: Val du Charron – 083 234 7541 15. Print werk: Minuteman Press Centurion – 012 663 3208 16. Goudsmit: Tehila – 082 674 4410 17. DJ, Klank: Chapter 8 Productions – 082 326 1997 18. Band: SirPasses - 082 326 1997 19. Gastegeskenkies: Kisses Soft Toffees – 084 603 1827 20. Trourok: Chiqwawa – 072 033 9412

Bladsy 8  Eksklusiewe Huweliksuitgawe  LOVE BIRD GAZETTE  Vrydag, 21 Maart 2014

So ... waarheen gaan die

Love Birds

op wittebrood ?

Die pas getroude paartjie gaan ‘n ongelooflike 7 nagte in die eksotiese Flamingo Bay Water Lodge by Inhambane in Mosambiek deurbring.

Geluk

Buiten die pragtige natuurskoon is daar verskeie geriewe en aktiwieteite vir gaste om hulself mee te vermaak. Tydens hoë gety kan gaste swem, kayak en snorkel in die water reg onder hulle challets. Gaste kan ook op die strand by Barra Lodge, reg langs Flamingo Bay, perd ry of

vir die meer avontuurlistige is daar diepsee visvang of “quad biking” deur die naby geleë dorpies. Falmingo Bay het ook ‘n spa waar paartjies kan gaan om gepamperlang te word na al die ‘troureëling stres’. Wat gevolg kan word deur ‘n sonsondergang vaart op ‘n catamaran in Inhambane Baai. Dié is maar net ‘n paar van die vele aktiwiteite in en om Flamingo Bay. Julle kan verseker wees die twee ‘Love Birds’ gaan ‘n onvergeetlike wittebrood hê!

19. Flamingo Bay

Blokkisraaisel antwoorde: Dwars: 1. Moemin, 2. Rambo, 4. Bybelstudie, 7. Valentynsdag, 8. Nat King Cole, 9a. Elsabe, 9b. Joaret, 9c. Michelle, 11. Heliumballonne, 13. Fotograaf, 15. Isabella, 18. Ouboet, 20. Sjokolade. Af: 3. Malvapoeding, 5. Rambo, 6. Turquoise, 10. Kaapstad 12. Enrico, 14. Windhoek, 16. Caramel Treat, 17. Van,